Suid-Afrikaners maak al hoe meer skuld

Die Nasionale Kredietreguleerder in die buurland teken ‘n oplewing aan in Suid-Afrikaners wat op krediet staatmaak aangesien die algehele krediet wat toegestaan is met vier-persent toegeneem het. Volgens die Verbruikerskredietmarkverslag is krediet tussen Oktober en Desember verlede jaar tot 148,15-miljard-rand toegestaan. Kredietooreenkomste het kwartaalliks met 23,39-persent gestyg en 5,12-miljoen-rand bereik. ‘n Ontleder van die reguleerder, Lethabo Mashiane, beklemtoon die uitdaging wat verbruikers mee worstel om maandelikse paaiemente na te kom, wat ‘n kommerwekkende neiging aandui van toenemende skuld, ondanks die algehele gesondheid van die kredietsiklus.