Indonesiese vulkaan bars uit, duisende moet vlug

Duisende mense is aangesê om hulle huise te verlaat nadat ‘n Indonesiese vulkaan uitgebars het en as hoog die lug ingestuur het. Die owerhede sê die 725-meter-hoë Ruang-vulkaan in die noorde van die Sulawesi-eiland het in 24-uur minstens vyf keer uitgebars. Hulle is bekommerd ‘n deel van die berg kan in die see stort en ‘n tsunami veroorsaak. Mense moet minstens ses kilometer ver wegbly. Indonesië, ‘n eilandgroep met 270-milljoen mense, het 120 aktiewe vulkane.