Visums met aankoms nou ook by Walvisbaai-hawe

Die immigrasie ministerie het visums met aankoms by die Walvisbaai-hawe met onmiddellike effek ingestel. Die ministerie sê as ‘n deurslaggewende toegangspunt vir maritieme handel en toerisme, speel die hawe ‘n reuse rol in die dryf van ekonomiese welvaart. Reisigers kan ook by aankoms by Hosea Kutako Internasionale Lughawe, Walvisbaai-lughawe en die Trans Kalahari-, Katima Mulilo-, Ngoma-, Impalila-eiland, Oshikango, Mohembo, Ariamsvlei, Noordoewer en Oranjemund-grensposte aansoek doen om visums. ’n Visum by aankoms kos 1 200 Namibiese dollar en is vir 90 dae geldig. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Margaret Kalo, die ministerie se woordvoerder.