Suid-Afrikaners gaan hof toe oor seismiese opnames by Weskus

Die buurland se burgerlike aktivistegroep, We are South Africans, span saam met gemeenskappe aan die Weskus om beswaar te maak teen Searcher Seismic se seismiese opname wat môre begin. ‘n Woordvoerder, Gilbert Martin, sê hulle het die Australiese maatskappy in kennis gestel die permit wat hulle by die Departement van Minerale Bronne en Energie ontvang het, gaan in die hof betwis word. Martin sê hulle het die bekende prokureur Richard Spoor aangestel om ‘n regsgeding aan die gang te sit omdat die permit as onwettig beskou word: