Vakbonde is boos oor verpligte inentings

‘n Namibiese vakbondleier het heftig gereageer op Dis-Chem en Letshego wat hul personeel in Namibië verplig om ingeënt te word. Dis-Chem, ‘n multinasionale Suid-Afrikaanse reus, het ook nou sy Namibiese personeel beveel om ten volle ingeënt te wees, omdat baie van hulle direk met die publiek werk. Die Namibiese regering het dit duidelik gemaak dat sy mandaat nie verpligte inentings is nie. Tucna se sekretaris-generaal, Mahongoro Kavihuha sê hierdie buitelandse maatskappye moet in hul spoor trap of hulle sal met die vakbonde te doen kry.