Guterres sê Afghanistan moet dringend hulp ontvang

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Antonio Guterres sê daadwerklike stappe moet geneem word om die burgers van Afghanistan by te staan. Miljoene mense is uiters kwesbaar terwyl die land ‘n baie koue winter ervaar. Bystand aan die land het tot ‘n stilstand gekom na die Taliban die land in Augustus verlede jaar oorgeneem het.