Suid-Afrikaanse maatskappye beweeg weg van Eskom-afhanklikheid

Distributed Power Africa in Suid-Afrika het by die Shoprite Groep se program vir hernubare energie aangesluit en sonpanele by winkels in drie provinsies opgerig. Die Shoprite Groep wek reeds ‘n groot hoeveelheid krag op deur middel van sonpanele op dakke by verskeie persele regoor Suid-Afrika en Namibië. Die handelaar het vroeër vanjaar planne aangekondig om in die afsienbare toekoms glad nie meer van Eskom afhanklik te wees nie. ‘n Woordvoerder sê daar is reeds met voorbereiding begin vir sonkrag by winkels in Lichtenburg in Noordwes, Malelane in Mpumalanga en Waverley in Tshwane.