Hoë verkeersvolumes op Heldedag op Namibiese paaie

Motoriste op Namibiese paaie word gemaan om veilig te bestuur tydens die langnaweek. Hoë verkeersvolumes op paaie word vandag op Heldedag aangemeld. Motoriste moet veral versigtig bestuur in die omgewing van Okahandja, beide in die rigting na Karibib, asook na Otjiwarongo. Die kus en Noorde is gewilde bestemmings vir die langnaweek.