Styging van brandstofprys het groter impak op sekere sektore
Die styging van brandstofpryse raak ieder en elk in die land, direk of indirek. Tog is daar diegene wat meen dit word deur sommiges meer as deur ander gevoel. Dr. Leake Hangala, ‘n bekende sakeman in die konstruksie- en mynbou-sektor het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê het gesê dat die brandstofprysstyging ‘n impak op alle Namibiërs het, maar tog is daar bedrywe wat erger geraak word.