Shilunga sê oor winsmarge in brandstof-kleinhandel

Die adjunkminister van myne en energie, Kornelia Shilunga, sê die ministerie ondersteun kleinhandelaars in die brandstofbedryf en dat daar geen poging is om die individue uit die mark uit te druk nie. Haar aanmerkings kom na die onlangse vergadering met kleinhandelaars wat ‘n verhoging in die heffing wat hulle ontvang, eis. Volgens Shilunga wil die ministerie die winsmarge verbeter maar, die huidige omstandighede in die mark is nie ideaal nie. Verbruikers moet ook beskerm word omdat ‘n verhoging in die winsmarge van die vulstasies moontlik die brandstofprys verder kan opstoot. Sy het bygevoeg dat die aanpassing in die winsmarge op algemene inflasie gebaseer moet word.