Strafregtelike ondersoek kom na Wagner-vliegongeluk
Die Russiese ondersoekkomitee sê hy het met ‘n strafregtelike ondersoek begin ná die noodlottige voorval waarin ‘n Embraer Legacy-vliegtuig neergestort het. Die Wagner-huursoldaatgroep se hoof, Yevgeny Prigozhin wat onlangs ‘n onsuksesvolle opstand teen die Kremlin gelei het, was aan boord toe die vliegtuig Woensdag naby die dorpie Kuzhenkino in die Tver-streek geval het. Die privaat straler het sewe passasiers en drie bemanningslede aan boord gehad, en al die liggame is gevind. Die Russiese lugvaartowerheid, Rosaviation het ook sy eie ondersoek van stapel gestuur.