Stone of Destiny kom aan in Londen vir kroning

Die sogenaamde Stone of Destiny het in Londen aangekom vir koning Charles se kroningsplegtigheid volgende Saterdag. Dit staan ook bekend as die Stone of Scone, en is suid vervoer van die Edinburgh-kasteel af. Die stuk rots weeg 125-kilogram en word reeds amper ‘n duisend jaar lank gebruik by die inhuldiging van nuwe vorste. Britse media berig by ‘n diens met die aankoms by Westminster-abdy, het die hoof van die kerk, David Hoyle, mense aangemoedig om te bid vir koning Charles en koningin-gemaal Camilla en vir die koninklike familie.