Stappe kom teen Enyobeni-taverne  

Die Buffalo City-munisipaliteit in die Oos-Kaap sê hy het agtergekom die Enyobeni-taverne is onwettig gebou en oortree die Wet op Nasionale Bouregulasies en Boustandaarde. Altesaam 21 kinders tussen 14 en 17 jaar is in Junie verlede jaar by die taverne in Scenery Park in Oos-Londen dood. Die munisipaliteit se woordvoerder, Samkelo Ngwenya, sê geen bouplanne is vir die taverne goedgekeur nie en daar sal nou opgetree word.