Standard Bank bekommerd oor bankbedrog
Standard Bank Namibia het gereageer op die banksektor wat ‘n toename in bedrog en verwante ekonomiese misdade in 2022 waargeneem in vergelyking met 2021. Volgens die Bank van Namibië is 370 bedrogsake in 2022 aangemeld, vergeleke met 268 gevalle wat in 2021 aangemeld is. Die kategorieë van bedrog wat deur bankinstellings in 2022 ervaar is, sluit in OTM-bedrog, EFT-bedrog, krediet- en debietkaart-bedrog, mobiele toepassings-bedrog, valuta-vervalsings en diefstal van kontant. Khadijah Mouton, bemarkingsbestuurder van Standard Bank het haar kommer oor die situasie met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.