Stakende werkers by Cheetah-sement verhinder bedyrwighede, base hof toe

Whale Rock Cement, wat Cheetah-sement naby Otjiwarongo besit, het vanoggend ‘n dringende aansoek voor hoërhofregter Marlene Tommasi om te vra vir ‘n interdik teen die stakende werkers wat op die oomblik bedrywighede verhinder en ook inmeng met werkers wat nie staak nie. In sy stukke sê Po-Pei Lee, die algemene bestuurder by die maatskappy, dat sy regte geskend word deur die gedrag van die stakende werkers. Hy maak melding van verliese van 1,5 miljoen Namibiese dollar in verband met die aanskakeling van die oond sowel as verliese van meer as 6,1 miljoen dollar as gevolg van vragskepe wat wag vir vrag wat nie die aanleg kan verlaat nie omdat stakende werkers dit verhoed. Verder sê hy dat net tussen 23 en 27 Julie het hy verliese van meer as 6 miljoen dollar aangeteken omdat hy nie sement kan verkoop nie. Dié verliese beloop tans 1,2 miljoen dollar daagliks. Daar is 83 respondente waarvan 80 stakende werkers is en die ander, die Mynwerkersvakbond, die arbeidskommissaris en die Namibiese polisie.