Olieberging fasiliteit: Brandbestryding-tender weer gekanselleer

Dit wil voorkom asof die derde ronde tenders vir die brandbestrydingsinfrastruktuur by die nasionale olieberging fasiliteit by Namport, weer summier gekanselleer is. Die Tender Bulletin berig dat die tender, met ‘n beraamde waarde van 58 miljoen Namibiese dollar, deur die verkrygingsraad gekanselleer is. Die bieërs het volgens berigte nie aan al die voorvereistes voldoen nie. Dit volg na die Februarie 2021 tender ook gekanselleer is nadat dit toegeken is maar, ‘n ander bieër het teen die besluit appelleer. In 2019 is die tender ook gekanselleer. Die tender is genoodsaak nadat dit aan die lig gekom het, na die fasiliteit teen ‘n koste van 6,5 miljard dollar voltooi is, dat die brandbestrydingsinfrastruktuur nie aan internasionale standaarde voldoen het nie.