Propvol misdaadverslag – polisiebaas waarsku misdadigers

Die Namibiese misdaadverslag van die afgelope week sluit van dwelmhandel, diefstal, huisbraak tot bedrog in. ‘n Vermeende dief is doodgeskiet toe hy en sy makkers mense wou beroof het wat in die berge in Klein Windhoek gebraai het. Ook in Klein Windhoek is by ‘n huis ingebreek en kontant ter waarde van 140 000 Namibiese dollar en dokumente is uit die kluis gesteel. Niemand is in hegtenis geneem nie en die gesteelde items is teruggevind nie. In ‘n ander voorval is ‘n diefstal van ‘n pot van 80 000 dollar ook by Katutura se Kentucky Fried Chicken aangemeld. Die Namibiese polisie se inspekteur-generaal Sebastian Ndeitunga rig ‘n waarskuwing aan misdadigers …