Stakende werkers brand Stad Tshwane-voertuie uit

Die Stad Tshwane het bevestig dat stakende werknemers twee van sy voertuie, ‘n water-vragmotor en ‘n bakkie, buite die Prinsespark-depot aan die brand gesteek het. Die stad se woordvoerder, Selby Bokaba, sê die voertuie is geteiken nadat hulle water by die depot ingeneem het vir aflewering by informele nedersettings. Bokaba sê die stad is daartoe verbind om te verseker dat noodsaaklike dienste aan gemeenskappe gelewer word.