Stad Windhoek verloor sy internet lisensieApril 24, 2023
Stad Windhoek het sy internet lisensie, wat deur die kommunikasie owerheid Cran in April 2020 aan hom toegestaan is, verloor. Regter Thomas Masuku het Paratus se eis daarvoor toegestaan. Die hof het bevind dat Paratus nie ‘n geleentheid gegun is om insette te lewer voor die lisensie toegestaan is nie. Stad Windhoek wou die lisensie gebruik om internet aan inwoners van die hoofstad te verskaf. Paratus het in sy stukke gesê die stad se aansoek aan Cran was onvolledig en verder dat ‘n plaaslike owerheid nie ‘n telekommunikasie-lisensie kan bekom nie.