Stad Whk stig maatskappy vir behuising, sê niks oor besteding op slypskool nie

Die burgemeester van Windhoek dr. Job Amupanda spreek op die oomblik ‘n perskonferensie toe na berigte dat net minder as 190 000 Namibiese dollar bestee is op ‘n vyf-dag slypskool wat verlede week by Midgard Country Lodge gehou is. Die slypskool het die kwessies van grondtekorte in die hoofstad aangespreek. Amupanda sê 10 000 Namibiërs kom jaarliks in Windhoek aan op soek na ‘n beter lewe en dit is buite die Stad se beheer.

Hy het nog nie enige kommentaar oor die koste van die slypskool wat deur 30 persone bygewoon is.