Klimaatsverandering: Namibië is uitgelewer

Klimaatsverandering is in die nuus in die aanloop tot die VN se klimaatsberaad wat aan die begin van November in Glasgow in Skotland plaasvind. Maar, volgende week kom Afrika-regerings virtueel bymekaar om kwessies in die verband te bespreek. Talle Afrikalande vind hulself in ‘n moeilike posisie omdat hulle inwoners die uitdagings van klimaatsverandering daadwerklik ervaar, maar niks daaraan kan doen nie omdat hulle dit nie veroorsaak nie. Dr. Chris Brown van die Kamer van die Omgewing het dit so verwoord.