Geingos se #LoveProtects reik uit

Die Presidentsvrou Monica Geingos se Love Protects-veldtog is op 16 Junie vanjaar van stapel gestuur in ‘n poging om waninligting en fopnuus oor Covid hok te slaan. Die veldtog stel ook inligting oor die inentings bekend en poog om vrae van lede van die publiek te beantwoord. Daar is weer môre om tien-uur ‘n geleentheid in die hoofstad soos Saddam Biwa adjunk-uitvoerende direkteur in Geingos se kantoor verduidelik.