Blaf mal! ‘Bark Airlines’ loods vlugte vir honde

’n Nuwe lugredery bied ’n eersteklas reiservaring vir honde. GEEN KINDERS WORD TOEGELAAT NIE! Wil jy graag reis, maar sal nie jou woef agterlaat nie? Bark Air het die oplossing.

Hierdie nuwe lugredery is spesifiek ontwerp vir die gemak van honde, met roetes van Londen na New York en van New York na Los Angeles. Jou viervoetige reismaat kan deur die kajuit dwaal soos hulle wil sodra jy in die lug is, en sal toegang hê tot soveel lekkernye as wat hul harte begeer.

Die lugredery begin later hierdie maand met bedrywighede.

Die vliegtuig sal nooit meer as 10 honde aan boord hê nie om te verseker dat die ervaring so stresvry as moontlik vir jou hondjie is.

Hierdie ervaring sal ‘n bietjie meer stresvol vir die mense wees, aangesien ‘n eenrigtingkaartjie byna N$150 000 (US$8 000) kos.

Terwyl die vliegtuig troeteldiervriendelik is, is dit nie kindervriendelik nie, en geen onder-18’s word toegelaat nie.