Sprinkaanplaag teister Oos-Kaapse boere

Die Oos-Kaapse tak van Agri SA sê die bruin-sprinkaan-uitbreking het van bo in die westelike gebiede soos Aberdeen, Willowmore, Graaff-Reinet en Middelburg na Steynsburg, Venterstad, Burgersdorp en tot by Molteno versprei. ’n Woordvoerder, Megan Maritz, sê die Oos-Kaap kry die meeste van die swerms uit die Noord-Kaap. Sy sê die gebiede het almal een of ander vorm van skade gehad, maar ‘n finansiële skade-bepaling is nog nie gedoen nie. Maritz sê hulle probeer planne maak om boere te help: