Speletjie-ontwikkelaar kom byeen in die Kaap

Die Stad Kaapstad is die trotse gasheerstad en borg van die Afrika-speletjieweek, die grootste byeenkoms van Afrika-speletjieontwikkelaars ter wêreld. Die bedryf het die geleentheid saamgestel met die doel om speletjie-ondernemings-geleenthede in Afrika in die kollig te plaas. ‘n Woordvoerder sê die driedaagse geleentheid wat vandag begin, sal gasheer wees vir meer as 300 professionele persone van regoor die wêreld, insluitend speletjie-ontwikkelaars. Daar word verwag meer as ‘n duisend spel-entoesiaste sal by die hibriede geleentheid aansluit, wat meesterklasse deur internasionale sprekers insluit.