Wat gebeur met die olieprys as die eerste skote afgevuur word in Europa?

Met die globale herstel na die pandemie en tekorte aan produksie het die olieprys die afgelope paar maande begin styg maar, met die toenemende spanning en aggressie in Oos-Europa het die Brent ru-olieprys gister bo 99 Amerikaanse dollar verhandel. Ekonome het vanoggend berig dat die prys effe teruggesak het en tans rondom 97 dollar per vat verhandel. Maar wat lê voor? Wat as die eerste skote afgevuur word?