Speaker moet haar eie regskoste betaal

ActionSA sê hy is sterk gekant teen die gewese speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, se pogings dat die verdedigingsdepartement die koste van haar korrupsieverhoor betaal. Sy staan tereg op 12 aanklagte van korrupsie en geldwassery wat verband hou met tenders by die departement. Mohammed Rafeek Shah van ActionSA sê Mapisa-Nqakula se bewering dat die misdaad tydens haar ampstermyn as minister van Verdediging gepleeg is en sy daarom fondse moet ontvang, is eenvoudig belaglik: