Misbruik van toelaes op Omitara ondersoek

Die adjunkminister van die geslagministerie, Bernadette Jagger, het ‘n beroep gedoen op ‘n sterk samewerking tussen alle belanghebbendes om te verseker dat maatskaplike toelaes gebruik word vir hul beoogde doel. Sy het op Omitara gepraat tydens ‘n sensitiseringsveldtog oor die misbruik van die toelaes en sê tradisionele leiers, kerke, streekleierskap, die ministerie se personeel en die polisiemag moet die kwessie polisieer. Daar word berig dat die toelaes veral vir drank gebruik word.