Sopkombuis sê dankie vir skooljaar-voorraad

‘n Groep vriende van Windhoek het boeke en skryfbehoeftes bymekaar gemaak om aan behoeftige leerders te skenk, waarna Pep Stores Namibië ook ‘n bydrae van klere, sanitêre doekies en kosmetiese middels gemaak het. Die groep vriende het die skenkings aan die sowat 100 kinders gemaak wat gewoonlik die Porridge Storage-sopkombuis naweke in die Havana informele nedersetting besoek om ‘n bord sop te kry. Martha Festus, die stigter van die sopkombuis, spreek haar dankbaarheid uit terwyl sy met Kosmos 94.1 Nuus gesels.