Sokker-pret wag in Windhoek

‘n Sokker-toernooi word môre by Windhoek se Khomasdal-sportstadion aangebied vanaf 4-uur die middag, wanneer die NBC-sokkerspan ‘n span van verskeie geselekteerde bekendes die stryd aansê. Volgens die toernooi se promotor, Ngatuuane Collega Hange, is die een-dag toernooi gemik op spelers in die nasionale eerste- en tweede liga wat nog nie hierdie seisoen gespeel het nie. Besighede word ook toegelaat om hul produkte te verkoop, wat gewoonlik nie toegelaat word nie. ‘n Gedeelte van die hek-opbrengs sal gaan na die leerders van die Gooihoop Laerskool in die Epukiro-kiesafdeling en Okondjatu Gekombineerde Skool wat die beste in die jaareindeksamen presteer.