Skenk bloed, asb., voorrade is uiters laag

Bloedvoorraad by die Bloedoortappingsdiens van Namibië is steeds baie laag en diegene wat in aanmerking kom om bloed te skenk, word versoek om dit te doen. Titus Shivute, die diens se woordvoerder, doen ‘n beroep op die publiek om hul skenkingsklinieke te besoek.