Numsa eis reuse-verhogings

Die Suid-Afrikaanse metaalwerkersvakbond Numsa het ‘n eis vir ‘n salarisverhoging van 4 200 Suid-Afrikaanse rand vir die laagsbesoldigde busbestuurders ingedien by die Suid-Afrikaanse Padvervoer-bedindingsraad. Die liggaam eis ook ‘n eenjaar-ooreenkoms waarvolgens werkers ‘n mediese fonds kry met ‘n 80 persent-bydrae van die werkgewer, ‘n behuisingstoelaag en minder oortyd. Numsa sê die minimumloon vir busbestuurders behoort tot 12 rand per maand verhoog te word.