Situasie langs Choberivier met Botswana kalm

Die situasie tussen die Botswana weermag en inwoners van die Zambezi-streek is tans onder beheer. Geen verdere berigte is ontvang nadat die minister van internasionale betrekkinge, Netumbo Nandi-Ndaitwah, aangekondig het dat Botswana weermag nie meer inwoners langs die Choberivier sal teister nie. Penda Naanda, uitvoerende direkteur in die ministerie, sê goeie buurmanskap duur voort.