NSA: Ontwikkeling moet mensgesentreerd wees

’n Opname deur die Namibië Statistieke Agentskap in Maart vanjaar het bevind dat 60 persent van Namibiese huishoudings bekommerd is dat hulle nie genoeg kos het nie, terwyl 36 persent van huishoudings gerapporteer het dat hulle ’n hele dag lank nie geëet het nie. Dié skokkende syfers beklemtoon die belangrikheid van regeringsbeleide om armoede in Namibië aan te spreek. Dit is een van die sleutelbevindings in ‘The Covid-19 Households and Jobtracker Survey’, terwyl vorige opnames hoofsaaklik gefokus het op Covid se impak op die sakesektor en die ekonomie, behoort ontwikkeling op die ou end mensgesentreerd te wees. Ekonoom dr. John Steytler sê hierdie syfers is skokkend, want Namibië is ‘n hoër middel-inkomste land.