Sitruskwekers ongelukkig oor hoë verskepingskoste

Sitruskwekers is ongelukkig oor hoë verskepingskoste en vertragings met aflewerings. Dit het ‘n invloed op verkope te midde van voortgesette internasionale logistieke probleme wat die bedryf teister. Die Sitruskwekers-vereniging sê die bedryf het vanjaar erg deurgeloop, veral weens die onrus in Julie en die kuberaanvalle op die Durbanse hawe. Uitvoerende hoof Justin Chadwick sê winsgrense het gekrimp.