Derde Pfizer-versterkdosis vir ouer as 18 in SA goedgekeur

Die Suid-Afrikaanse reguleringsowerheid vir gesondheidsprodukte het ‘n derde Covid-19-versterkdosis van Pfizer vir mense van 18 en ouer goedgekeur. Die owerheid sê dis beskikbaar vir individue wat ses maande tevore hulle tweede inenting gekry het. ‘n Persoon mag egter nie ‘n Pfizer-versterkdosis kry ná ‘n Johnson en Johnson-inenting nie. Die owerheid het ook ‘n derde Pfizer-dosis goedgekeur vir mense van 12 en ouer wat swak immuniteitstelsels het. Dit moet minstens 28 dae na die tweede een toegedien word.