Sinner vernietig Medvedev, haal Miami eindstryd

Tennis: Jannik Sinner van Italië het Daniil Medvedev van Rusland se aanslag gemaklik in slegs 69 minute van die baan gevee met ‘n oorwinning van 6-1, 6-2 om die eindstryd van die Miami Ope te haal. Die wêreld se nommer drie kom môre in die eindstryd te staan teen óf Alexander Zverev van Duitsland óf Grigor Dimitrov van Bulgarye, en hy is die gunsteling na sy krag- en vaardigheidsvertoning in die halfeindstryd. Die Italianer het verlede jaar in die Miami eindstryd teen Medvedev verloor maar hom in Januarie in die Australiese Ope geklop.