Biden ‘werk aan joernalis se vrylating’

‘n Jaar ná Rusland ‘n Amerikaanse joernalis, Evan Gershkovich in hegtenis geneem het, sê president Joe Biden Amerika werk daagliks daaraan om sy vrylating te verseker. Biden sê Amerika veroordeel wat hy noem ‘Rusland se verskriklike pogings om Amerikaners as bedingingspionne’ te gebruik en beloof om hoop vir die vrylating van die joernalis van die Wall Street Journal hoog te hou. Die 32-jarige Gershkovich en sy publikasie het deurgaans bewerings ontken dat hy vir Amerika gespioeneer het terwyl hy in ‘n stad in die Oeral gewerk het.