Shiimi gesels met Otji-sakegemeenskap

Die finansminister Ipumbu Shiimi ontmoet vanmiddag die besigheidsgemeenskap van Otjiwarongo. Dit vorm deel van sy konsultasies in verband met die middeltermyn begroting wat in Oktober gelewer sal word. Shiimi konsulteer regoor die land, in samewerking met die Kamer van Handel. Woordvoerder, Wilson Shikoto, sê die bespreking sal handel oor wat besighede van die regering verwag, en nodig het.