Shangula waarsku oor malaria-uitbreking

Die gesondheidsminister Kalumbi Shangula sê daar is tans ‘n uitbreking van malaria in die noordelike gebiede waar die siekte geneig is om voor te kom. Hy het nie melding gemaak van enige syfers nie maar waarsku ook lede van die publiek wat besoek afgelê het in malaria-gebiede om simptome dop te hou.