DBV trek sy neus op vir trofeejag

Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging in die buurland is onomwonde gekant teen die jag van diere vir vertoon, vermaak of sport. Hy het ‘n Noord-Kaapse privaat skool veroordeel vir die bevordering van ‘n wild- en jagveiling met die prys wat die jag van ‘n leeuwyfie in Tosca van 40 000 Suid-Afrikaanse rand insluit. Die skool het vanweë druk deur die vereniging glo ingestem om die leeuwyfie met twee buffels te vervang. ‘n Woordvoerder van die DBV, Jacques Peacock, sê dié kompromis stel egter nie die fundamentele etiese kwessies reg nie: