Woede oor jongste SA-misdaadsyfers

Action Society beskuldig die regering dat hy die land se burgers aan hulle lot oorlaat in die stryd teen misdaad. Hy sê volgens die derde kwartaal se misdaadstatistiek word daar elke 12 minute ʼn vrou verkrag. Daaglikse syfers sluit in 86 moorde, 88 pogings tot moord en 595 aanrandings met die doel om ernstig te beseer. Ten spyte van minister Bheki Cele se bewering dat die DNS-agterstand uitgewis is, sê Ian Cameron van Action Society baie sake is steeds onopgelos. Hy waarsku oor ʼn dreigende toename in moorde en ʼn gepaardgaande toename in kinderslagoffers: