Schlettwein gesels oor vordering met ontsoute water vir sentrale gebied

NamWater se tweede beplande ontsoutingsaanleg aan die kus word beplan met drie nuwe myne wat ontwikkel word. Die projek by Hentiesbaai vir waterverskaffing na die sentrale gebied is reeds in 2019 van stapel gestuur. ‘n Impakstudie is in 2020 uitgevoer en die uitslae was in 2021 bekend. Die plaaslike owerheid wil die gebied, bekend as Plaas Hentiesbaai nommer 133, net noordoos van die C34 na Terracebaai, hersoneer en aan NamWater voorsien. Openbare konsultasies het begin en die publiek kan enige kommentaar of besware by Stubenrauch-ingenieurs en die Hentiesbaai-munisipaliteit indien. Landbouminister Calle Schlettwein, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en die jongste oor die tweede aanleg gedeel…