Sal groenskemas saam met privaat sektor werk?

Reaksie word ontvang op berigte dat die Namibiese kabinet wil hê dat die land se groenskemas in samewerking met die privaat sektor bedryf moet word, in lyn met die bepalings van die tweede Harambee-welvaartsplan. Volgens die beleidsrigting wil die kabinet sien dat groenskemas op beide kommunale en privaat stukke grond deur die privaatsektor ontwikkel word met ‘n 10 persent aandeelhouding vir kleinskaalse boere wat eenhede in die skema bedryf. Maar sal die privaatsektor werklik instem om te belê, veral op kommunale grond met aandeelhouding wat aan die plaaslike boere gegee moet word? Die Suid-Afrikaanse landbou-ekonoom dr. Kobus Laubscher het sy mening hieroor so verwoord.