Saftu nie verras deur inkomste-gapings

Die Suid-Afrikaanse vakbond-federasie, Saftu, sê hy is nie verras deur die inkomstegapings wat in die ekonomie bestaan nie. Die aandeelhouer-organisasie, Just Share, het ‘n donker prentjie geskilder oor verskille tussen uitvoerende hoofde en gewone werkers. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê Just Share het onthul die gemiddelde jaarlikse vergoeding van ‘n uitvoerende hoof van die Johannesburgse Aandelebeurs, is 49 keer meer as die minimum loon vir ‘n werker.