SA wag vir rybewys-kaartdrukmasjien

Die bekendstelling van die nuwe rybewyskaarte in die buurland is in onsekerheid gehul met die nuwe kaartdrukmasjien uit Frankryk wat nog bevestig moet word. Die masjien kan kaarte binne vyf werksdae vervaardig in vergelyking met die huidige wagtyd van twee weke, en het verbeterde sekuriteitsfunksies om bedrog te bekamp. Die minister van Vervoer, Sindisiwe Chikunga, sê die verkrygingsproses is aan die gang, met die nuwe lisensies wat teen die einde van die maand landwyd bekendgestel moet word.