SA stel nasionale strategie teen geslagsgeweld bekend

Nes in Namibië is daar ook baie groot uitdagings in die buurland met geslagsgeweld. Die Suid-Afrikaanse Regerings-kommunikasie en Inligtingstelsel sal Woensdag ‘n webinaar aanbied oor hoe die inwerkingstelling van die nasionale strategiese plan om geslagsgeweld te stop, plaaslik toegepas gaan word. Die stelsel se woordvoerder, Tshegofatso Modubu, sê die plan sal die stryd teen geslagsgeweld op plaaslike vlak versterk…