Erongo-goewerneur sê oor mislukte behuisingsprojek

’n Besoek aan ’n mislukte Swakopmund-laekostebehuisingsprojek deur adjunkpresident Nangolo Mbumba het die vernietigende impak van tenderpreneurskap op staatsdienslewering in die kollig geplaas. Mbumba is vergesel deur onder andere Erongo-goewerneur Neville Andre en die hoof uitvoerende beampte van die Swakopmund-munisipaliteit, Archie Benjamin. Benjamin sê altesaam 291 huise is onvoltooid en verskeie opsies word oorweeg vir befondsing om voort te gaan met die konstruksie. Goewerneur Andre het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die stand van sake…