SA navorser sê vals nuus styg sedert Omikron-variant

‘n Suid-Afrikaanse navorser sê vals nuus en samesweringsteorieë oor die Covid-pandemie, het ‘n styging op aanlyn-forums gesien sedert die aankondiging van die ontdekking van die nuwe Omikron-variant. Die SA Sentrum vir Ontleding en Gedrags-verandering se Stuart Jones sê nuus oor nuwe variante lei blykbaar altyd tot ‘n skielike styging in teen-inenting sentimente. Ons korrespondent Fritz Plat berig uit Kaapstad.