Pfizer-entstof se drie inentings neutraliseer Omikron-variant

Volgens BioNTech en Pfizer kon drie inentings van hul Covid-entstof die nuwe Omikron-variant neutraliseer, wat in ‘n laboratorium getoets is. Hulle kan ‘n Omikron-gebaseerde entstof teen Maart 2022 lewer, indien nodig. Die Omikron-variant is al in 57 lande aangemeld. Die aantal pasiënte wat hospitalisasie benodig, sal waarskynlik styg soos dit versprei, het die Wêreldgesondheidsorganisasie gesê. Dr. Bernard Haufiku, die voormalige Nambiese gesondheidsminister, sê aan Kosmos 94.1 Nuus geen nuwe variant is tot dusver heeltemal bestand teen entstowwe nie.